Pressroom

Please go and watch the video of us on Pasella a few months ago!! Just follow the link

http://www.facebook.com/video/video.php?v=417137095985




5 Ryneveld is a cute and quirky meeting place for those embracing a playful and sophisticated atmosphere.
Perfect for wining, dining or just chilling.
5 Ryneveld Street, Stellenbosch
Tel: 021 883 2940 | www.5ryneveld.com
Gps: S33° 546' 19.35" | E 18° 51' 48"
Opening hours: 8am - 2 pm Kitchen 8am - 10pm
More about Ghoema Roete here.



5 Ryneveld review by In die kosmopolitaanse Ryneveldstraat in Stellenbosch se middedorp kry jy hierdie juweel: Hier gaan dit oor meer as die kos – dis 'n emosionele ervaring!

Besoekers en inwoners van Stellenbosch en die omliggende omgewing kan behoorlik kies en keur as dit by restaurante kom. Dit is mos die spreekwoordelike hoofstad van die Kaapse wynlande, want daar is alles: van die Spur tot die luukse eetplekke wat, ongeag van wat die restaurant jou wil laat glo, meestal op toeriste met beursies vol euros en dollars fokus.

5 Ryneveld is die uitsondering. Hierdie oulike restaurant is ideaal vir plaaslike inwoners en toeriste op soek na iets spesiaals, dog bekostigbaar. Met uitklopgeregte teen billike pryse en 'n hartlike atmosfeer wat jou dink jy kuier by jou eie huis, kan jy nie hier verkeerd gaan nie. 'n Huis met 'n huislike atmosfeer is ook wat die eienaars van dié restaurant in gedagte gehad het toe hulle dit sowat 'n jaar gelede geopen het. Eienaar Zirk du Toit sê sy motto met sy restaurant is "home sweet home". Die restaurantgangers moet dus so tuis soos in hul eie huise voel. 5 Ryneveld was oorspronklik 'n huis met vyf kamers, waarvan die naam heel toepaslik afgelei is. Nou is daardie kamers in aparte eetareas verdeel, elkeen met 'n eie tema en atmosfeer. Daar is 'n biblioteek, 'n studeerkamer, 'n leefkamer, 'n slaapkamer en die teetuin. "Ek wou hê die restaurant en die dekor moet 'n emosionele gevoel by besoekers ontlok," verduidelik Zirk. En so doen dit ook. Van kamer tot kamer spoel die verskillende emosies oor jou: nostalgie, jeugdige verliefdheid, rustigheid, opgewondenheid . . .

Saam met die heerlike kos, atmosfeer en temagepaste dekor slaan die restaurant die spyker op die kop. Tog is dit het einde niet, want 'n ontspanningslokaal met 'n groot projektorskerm en 'n uitgebreide DVD-biblioteek word in die nabye toekoms beplan. Hierdie kamer, wat op die boonste verdieping langs 'n oop patio aangebou gaan word, sal 'n soort beloning vir gereelde klante wees. Hier kan hulle saam met vriende in 'n intieme kamer ontspan wat elkeen se behoeftes bevredig. Dink jou net in: Breakfast at Tiffany's op die skerm, jou gunstelingvriende almal op die groot, gemaklike banke langs jou, mengeldrankie in die hand en hier kom die kelner nou net met jou bestelling. Genoeg om jou soos 'n regte celebrity te laat voel!

Dit is ook nie die enigste vooruitsig nie. Om by die tema van die restaurant in te skakel wil die eienaars ook boeke, musiek, klere en kuns verkoop. Voorwaar 'n one-stop-shop. Volgens Zirk is die idee om die moderne Suid-Afrikaanse kultuur en die elemente daarvan – kuns, kos, musiek, mode en die literatuur – op een plek byeen te bring, aangesien al hierdie dinge sy passies is. Wat meer kan 'n mens van iemand verwag wat reeds die wêreld gesien en in dié bedrywe gewerk het?

Maar wat van die kos, vra jy seker teen dié tyd. 5 Ryneveld is allermins in hierdie stadium nog hoofsaaklik 'n restaurant! Wees nie bevrees want 'n restaurant wat soveel energie en beplanning aan die dekor en ambiance bestee sal beslis nie teleurstel as dit by die cuisine kom nie.

5 Ryneveld bedien ontbyt (R14 - R46), soet en sout pannekoeke (R37 - R49) slaaie (R32 - R53), burgers, hoofmaaltye (R65 - R100) en natuurlik nagereg (R26 - R33).

Die vlagskipburger, The Donfather, is veral die moeite werd om te probeer, maar is teen R1 899 net vir dié wat gereed is om met 'n klein hopie van hul spaargeld afstand te doen. Die perfek verouderde beesfilet-hamburgerfrikkadel is klaar iets besonders. Voeg daarby die aartappel-en-vinkel-rösti en oestersous en jy kry 'n hemelse smaakervaring. Die Donfather word ook met 'n bottel Dom Perignon bedien. Hoe dan nou anders?

Meer ekonomiese uiteters kan die Karoolamtjops met ment, knoffel en peperkorrels; die sappige tunasteak met geroosterde sampioen en lemoen of die sagte hoender toegedraai in spek en gevul met camembert probeer. Die smake van die disse is uniek en wonderlik geurig, maar nie heeltemal volksvreemd nie en sal dus nie iemand wat van die meer tradisionele dinge in die lewe hou afskriknie.

Probeer gerus ook hul crème brûlée met geroosterde amandels. Dis 'n anderste en uiters verleidelike variasie op 'n gunstelingnagereg. Of wat van 'n meer tradisionele lekkerte soos melktert of sjokoladebruintjies? Geen probleem, dis ook op die spyskaart. Ja-nee, home sweet home sowaar. As jy een keer by hierdie juweel van 'n restaurant was, gaan jy elke keer weer terug.
Gallery